Besoek aan die Tygerbergse VOC-Plase        
           
         
         
   

Dan gesels oor kannone op Hooggelegen

   
         
 

Nico Walters het vir ons ín buitengewone uitstappie gereŽl na historiese plase in die Tygerberg, waar die eerste groot vryburger-uitbreiding nŠ die Liesbeeck Vallei was. Dit is ín saak van besondere historiese betekenis vir die skeepsverversing ten opsigte van graan, vleis en wyn, maar ook vir die bevolking van die platteland, die besetting van grond en die verspreiding van die Kaapse Koina. Daar is veel om te sien, te bespreek en te geniet .

Ons besoek eerste die VOC se moederpos Elsjes Corael, daarna Altydgedacht  (De Tygerbergen van Elsje van Surwaerden), daarna Onrust van die berugte landdros Starrenburg, en Pampoenkraal, die uitspanning waarop Durbanville ontwikkel het met die eerste gronduitgif (dorpserf) aan Josephus Jones (spreek dit Jonies uit; sy pa se van  was Joni), die jonge Josephus was een van die Kompanjie se beste kartograwe.) Daarna middagete om ongeveer 13:30 op Diemersdal met sy fantastiese ou werf. Dan Hooggelegen waar een van die Tygerberg se seinkanonne staan en kanonnier Gerry de Vries u sal laat hoor, ruik en voel hoe ín skoot loskruit deur die seinman ervaar is.

 

 

 

     

Oliver Parker, eienaar van Altydgedacht

   

Kelkie op die Huis van Oranje op Diemersdal