Slaweskip Meermin


2012-2014

Omdat Iziko Museums onsensitief met Robert Lightley se model - 'n ware kunswerk - van die jag Goede Hoop opgetree het, deur dit as 'n slaweskip in ’n swak, verbeeldinglose voorstelling van slawerny in hul Slawelosie Museum uit te stal, het die Stigting VOC se bestuurskomitee in 2012 besluit om ter wille van Opvoeding en Getrouheid (of Waarheid) ’n skaalmodel van die skip Meermin te laat maak en aan die museum te skenk.

Die projekleier was Piet Westra.

Afdrukke van die egte bouplanne is van die Nationaal Archief in Den Haag aangevra, en aan die modelbouer Brian Donelly van Plumstead ([email protected]) voorgelê; sy kwotasie vir ’n 1: 36 skaalmodel was R…. Daarvan is R… deur die Van Ewijk Stigting bygedra, die res is deur die Stigting VOC ingesamel deur van besoekers wat ons gratis lesings bywoon, vrywillige bydraes van R20 te vra.

Die glaskas was ’n geskenk van die Stigting Simon van der Stel van Kaapstad. Iziko Museums is gevra om die model in bruikleen in bewaring te neem. (Sien brief aan Lalou Meltzer.) Die amptelike oorhandiging het in November 2013 plaasgevind.