Welkom by die Suid-Afrikaanse Stigting VOC
Wie is ons?
Die Stigting VOC is die geregistreerde eienaar van die historiese VOC-logo in Suid-Afrika.
Ons nuusbrief Generale Missive met plaaslike en oorsese VOC-nuus verskyn kwartaalliks.
Die stigting nooi die publiek na besoeke aan VOC-plekke, lesings en ander aktiwiteite.
Bywoning van vergaderings en gebruik van die Stigting se biblioteek is gratis vir lede.
Almal wat in die VOC belangstel is welkom om aan te sluit.
Doelstellings
Bevordering van belangstelling in die VOC-tydperk aan die Kaap (1652-1795).
Bewaring van artefakte uit dié tyd, soos geboue, skeepswrakke, porselein, dokumente, ens.
Navorsing oor die VOC, plaaslik en internasionaal.
Bestudering van die Kaapse inheemse bevolking, die Koina.
Bevordering van VOC–kultuurtoerisme.